# Twee studente van die Walter Sisulu-universiteit, het 25-duisend-rand ontvang na hulle as een van die top 15 finaliste in die MTN ENACTUS-digitale innoveringsuitdaging gekwalifiseer het. ‘n IT-gegradueerde, Philasande Mathafeni, en sy sakevennoot, ‘n derdejaar-student in Menslike Hulpbronbestuur, Thulisiwe Matyobeni, het ‘n billike handel netwerkmarkplatform geskep. Die selfoontoepassing help kleinboere om toegang te kry tot geverifieerde, veilige en digitale markplatforms wat billik geprys is. Die twee ding nou mee vir ‘n plek onder die top tien.
Dinamiese twee ontvang R25 000 vir hulle KI-gesentreerde toepassing vir boerdery by nasionale kompetisie