Skip to content

Dieselpryse kan in Junie moontlik daal tot die laagste vlak in drie jaar

# Dieselpryse kan volgende maand met tot 94-sent-per-liter daal, wat dit moontlik die laagste vlakke in drie jaar sal laat bereik. Die Sentrale Energiefonds sê die verwagte daling kan toegeskryf word aan dalende wêreld-oliepryse en die rand wat sedert middel April met meer as tien-persent versterk het. Daar word verwag dat die prys tussen 74- en 94-sent-per-liter sal daal, wat beduidende verligting vir die vrag- en die landbousektor sal bring. Die fonds het egter gewaarsku dat skommelinge in oliepryse en wisselkoerse die finale aanpassing kan beïnvloed.