# Die 97ste Academy Awards is in Los Angeles aan die gang en word aangebied deur Conan O’Brien. Emilia Pérez het met 13 die meeste benoemings ontvang terwyl The Brutalist en Wicked albei met tien spog. Van die eerste wenners is Kieran Culkin, wat as beste ondersteunende akteur gekroon is vir sy rol in A Real Pain. Flow is die beste animasierolprent en In the Shadow of the Cypress die beste animasie-kortfilm. Wicked se kostuumontwerper, Paul Tazewell, is die eerste swart man wat die prys vir beste kostuumontwerp ontvang.
Die Oscars is aan die gang met Kieran Culkin van die eerste wenners