Skip to content

Didiza bepleit sterker ondersteuning vir parlementêre toesigkomitees [KLANK]

# Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê voortdurende opleiding en gespesialiseerde ondersteuning is noodsaaklik om komitees oor Openbare Rekeninge te versterk en te verseker dat staatsbesteding behoorlik ondersoek word. Tydens die beraad van die SAOG-organisasie van Komitees oor Openbare Rekeninge in Kempton Park het sy gewaarsku veranderinge in parlementêre lidmaatskap ná verkiesings moet nie aanspreeklikheid vertraag nie. Didiza het gepleit vir gestruktureerde inlywingsprogramme en onpartydige spanne navorsers, regsadviseurs en finansiële ontleders om komitees te help om institusionele kennis te behou en hul toesig oor openbare fondse te versterk.

ENG-DidizaOnCapacity