# Diageo Suid-Afrika verwelkom die Departement van Landbou se gewysigde regulasies vir die Wet op Drankprodukte, wat die minimum alkoholinhoud in sterk drank van 43-persent tot 40-persent verlaag. Die direkteur van korporatiewe verhoudings, Sibani Mngadi, sê die verandering verminder aksynsbelasting met ongeveer sewe-rand per 750-milliliter-bottel, wat onkoste vir vervaardigers en verbruikers minder maak. Mngadi sê die wysiging bring plaaslike regulasies in lyn met internasionale norme, bevorder uitvoergeleenthede met die smaak en gehalte van produkte wat onveranderd bly.
Diageo SA verwelkom vermindering in minimum alkohol inhoud van sterk drank