# ‘n Inisiatief, onder leiding van die wêreldreus Diageo Suid-Afrika in vennootskap met die Universiteit van Johannesburg, sal gasvryheidstudente waardevolle werkservaring by sommige van die top Johannesburgse ondernemings bied. Die Leer vir die Lewe-program is saamgestel om studente toe te rus met noodsaaklike praktiese vaardighede en bedryfskennis oor toerisme, gasvryheid en voedsel- en drankdienste. Die jeugwerkverskaffingsdiens, YES4YOUTH, steun ook die program. Die inisiatief sal ‘n eenjaarplasing vir 100 studente in hoogaangeskrewe hotelle en kulinêre ondernemings fasiliteer.
Diageo SA and UJ span saam met YES4YOUTH om jeug geleenthede in die gasvryheidsbedryf te gee