Skip to content

Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovering bevorder waterstofinnovering met nuwe projekvoorstelle

# Die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovering gaan vra vir voorstelle om grootskaalse waterstofprojekte van stapel te stuur, as deel van sy tienjaarplan tot 2032. Die waarnemende hoofdirekteur, Mandy Mlilo, het tydens die tweede Waterstof- en Brandstofsel-konferensie gesê die regering beoog om openbare privaat navorsing en ontwikkelingsamewerking te ondersteun. Mlilo sê meer as 1,4-miljard-rand is reeds in Waterstof Suid-Afrika belê. Sy het beklemtoon die fokus is nou op die kommersialisering van plaaslik-ontwikkelde intellektuele eiendom, die bou van vaardighede en die vermindering van waterstofproduksiekoste vir ‘n groener ekonomie.