# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê sy departement het meer as 900-duisend dosisse entstof ter waarde van 70-miljoen-rand bestel om die bek-en-klouseer-uitbrekings in die land te bekamp. Hy sê diere sal ingeënt word in alle gebiede wat die departement geprioritiseer het. Steenhuisen sê Limpopo en Mpumalanga sal ook hul roetine-inentings uitvoer wat drie keer per jaar gedoen word. Van die entstof sal ook na Gauteng en KwaZulu-Natal gestuur word:
Departement van Landbou bestel meer as 900 000 dosisse entstof om bek-en-klouseer te bekamp [KLANK]
ENG JohnonVaccines