# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die Uitvoerondersteuningskantoor bekendgestel. Dis ʼn direkte kontakpunt vir maatskappye wat geraak word deur die 30-persent-heffing op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika wat vandag van krag word. Die kantoor sal onder andere inligting verskaf oor verwikkelings, raadgewende dienste aan uitvoerders bied oor alternatiewe uitvoerbestemmings, asook riglyne oor intree-prosesse op markte. Tau sê die tariefverhoging bedreig die land se uitvoervermoë: