Skip to content

DA sê Lesufi se Nasi iSpani-program misluk met meer as 2.6-miljoen in Gauteng steeds werkloos

# Die DA sê die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se herleefde Nasi iSpani-program het misluk en nie werkloosheid verminder nie, aangesien dit steeds hoog is teen 33,8-persent. Die party voer aan meer as 2,6-miljoen inwoners is sonder werk, insluitend meer as tien-miljoen jongmense wat nie toegang het tot onderwys, indiensneming of opleiding nie. Die DA-lid, Mike Moriarty vra die provinsiale regering om korrupsie en misdaad aan te pak, en ‘n deursigtige omgewing te skep wat beleggings uit die privaat sektor sal lok.