Skip to content

DA sê diversifisering van uitvoermarkte is die sleutel tot beskerming van landbou teen Amerikaanse tariewe

# Die DA sê die diversifisering van uitvoermarkte is die sleutel tot die beskerming van die landbousektor, te midde van nuwe Amerikaanse tariewe op plaaslike uitvoere wat op 1 Augustus in werking tree. Die party verwelkom die vordering met die uitbreiding van handel na lande soos China, Japan, Indië en Iran, veral vir avokado’s, mielies, bees- en skaapvleis, druiwe en sitrus. Willie Aucamp van die DA het die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, gekritiseer omdat hy niks sê oor ‘n moontlike handelsooreenkoms met die VSA nie. Hy waarsku dat voortgesette vertragings kritieke sektore kan benadeel.