# Die DA doen ‘n beroep op die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, om te verduidelik waarom 1,7-miljard-rand wat bedoel is vir een-duisend-750 nuwe gesondheidsposte nie personeelgetalle in openbare hospitale verhoog het nie. Die party sê hospitale bly kritiek onderbeman, met meer as 27-duisend vakatures, insluitend twee-duisend dokters en 17-duisend verpleegsters. Michéle Clarke van die DA sê daar is ernstige tekorte by die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal in Durban, in KwaZulu-Natal, waar chirurgie en kritieke sorg erg geraak word. Clarke eis ‘n volledige uiteensetting van hoe die geld bestee is.
DA sê die gesondheidsorgstelsel stort in duie ondanks R1,7-miljard begroting