Skip to content

DA dring aan op Amerikaanse handelsooreenkoms aangesien 100 000 werksgeleenthede in gevaar is

# Die DA doen ‘n beroep op die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend ‘n handelsooreenkoms met die Verenigde State te finaliseer en waarsku dat 100-duisend werksgeleenthede op die spel is. DA-woordvoerder Toby Chance sê onderhandelinge is enkele dae voor die sperdatum van 1 Augustus nog nie afgehandel nie, met geen openbare inligting beskikbaar nie. Chance sê in die lig van diplomatieke flaters en dreigende tariewe hanteer die ANC die kwessie swak. Hy waarsku sonder ‘n ooreenkom kan die land se landbou- en motorsektore verwoes word.