# Die vakverbond Cosatu het die polisie geprys vir die vinnige inhegtenisneming van ‘n 80-jarige boer nadat ‘n jong man se liggaam ontdek is op sy Kroonstadse eiendom in die Vrystaat waar hy begrawe was. Die slagoffer, wat na bewering oor ‘n loongeskil vermoor is, was ‘n plaaswerker. Die boer staan tereg op aanklagte van moord en regsverydeling. ‘n Minderjarige familielid is ook vandag in hegtenis geneem. DNS-toetse word gedoen, en verdere arrestasies word verwag soos die saak ontvou. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, veroordeel die wreedheid en bepleit ‘n deeglike ondersoek.
Cosatu eis geregtigheid ná arrestasies in Kroonstad-plaasmoordsaak