# Die vakbondfederasie COSATU verwelkom die bekendstelling van Eskom Green. Die toegewyde hernubare energie-bedryfseenheid is ontwerp om die ontwikkeling van grootskaalse hernubare energieprojekte te versnel. COSATU se woordvoerder, Matthew Parks, sê die organisasie bly egter sterk gekant teen enige ontbondeling van Eskom, aangesien dit sy vermoë kan bedreig om energiesekerheid te verskaf. Hy sê Eskom se toetrede tot die hernubare energiesektor is deurslaggewend, maar waarsku dit moenie slegs tot voordeel van die privaat sektor wees nie.
COSATU bly sterk gekant teen enige ontbondeling van Eskom [KLANK]
ENG ParksOnUnbundling