# Die Congress of the People sê die volgehoue bloedbad oor werkgeleenthede in die land is die ANC se skuld. ArcellorMittal SA gaan aan die einde van September sluit met ‘n gevolglike drie-duisend-500 werkverliese. Die Ford Motormaatskappy SA beplan ook 474 afleggings by sy aanlegte in Pretoria en Gqeberha. Die waarnemende nasionale voorsitter van COPE, Pakes Dikgetsi, sê die party onderneem om met sakeondernemings en maatskaplike aandeelhouers saam te werk vir ‘n sterk en selfstandige ekonomie:
COPE klap na ANC oor werkgeleenthede krisis en beloof sterk ekonomiese heropbou [KLANK]
ENG DikgetsiOnRebuilding