Skip to content

Coca-Cola skep Afrika se grootste koeldrankgroep met oorname van Coca Cola Beverages Africa

# Die Switser-gebaseerde Coca-Cola HBC AG het teen 45-miljard-rand ʼn meerderheidsaandeel in Coca-Cola Beverages Africa gekoop om, wat volume betref, die gaskoeldrank se tweede grootste botteleringsvennoot te word. Coca-Cola HBC is in 1951 in Nigerië gestig as die Nigeriese Botteleringsmaatskappy. Die hoofkantoor is tans in Switserland, en dit word in 29 lande op drie vastelande bedryf. Die groep sal 75-persent van CCBA in Johannesburg verkry en sodoende 14 Afrika-markte by sy portefeulje voeg. Coca-Cola HBC se uitvoerende hoof, Zoran Bogdanovic, sê die verkryging gaan oor groei en werksgeleenthede in Suid-Afrika word nie geraak nie.