# China se konsulaat in Johannesburg het skoolmeubels ter waarde van 250-duisend-rand aan die Progress Comprehensive High School in Pimville, Soweto, geskenk. Die konsul-generaal Pan Qingjiang het die meubels oorhandig. Pan en die speaker van die Gautengse wetgewer, Morakane Mosupyoe, sê die gebaar weerspieël die sterk bande tussen China en Suid-Afrika en ‘n verbintenis tot onderwys. Mosupyoe sê die skenking is ‘n kritieke belegging in skole in townships wat uitdagings met infrastruktuur ondervind.
Chinese konsulaat skenk meubels aan skool in Soweto