# Die Departement van Basiese Onderwys, die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika en Dove het kragte saamgesnoer met die #ChangeTheCompliment-veldtog. Dis deel van Dove se wêreldwye selfbeeldprojek en moedig ouers, opvoeders en gemeenskappe aan om komplimente gegrond op voorkoms te verskuif na die verering van meisies se moed, kreatiwiteit, intelligensie en prestasies. Meer as 80-persent van Suid-Afrikaanse meisies sê hulle voel skaam oor hul voorkoms. Adjunkminister Reginah Mhaule sê hoewel beduidende vordering gemaak is met die bereiking van geslagsgelykheid in toegang tot onderwys, moet meer gedoen word.
#ChangeTheCompliment-veldtog bemagtig jong meisies in SA
