# Die Japannese animasiefilm, Chainsaw Man – The Movie: Reze Arc, was tydens sy openingsnaweek bo-aan die Amerikaanse lokettrefferlys. Die jongste rolprent van Sony se Crunchyroll volg die avonture van Denji, gespeel deur Kikunosuke Toya, ‘n tiener en demoonjagter. Universal se Black Phone 2 het na die tweede plek teruggesak, met Regretting You in die derde plek. Disney se biografiese drama oor Bruce Springsteen, Deliver Me from Nowhere moes in sy openingsnaweek met die vierde plek tevrede wees, en Disney se wetenskapsfiksie Tron: Ares was vyfde.
Chainsaw Man bo-aan Amerika se lokettrefferlys in openingsnaweek