# Die departement van Beeldende Kunste van die Nelson Mandela Universiteit bied Saterdag ‘n spesiale kunstenaarstoer in die Central Bird Street Gallery aan. Dis deel van Trace and Transition: ‘n personeeluitstalling van die departement van Beeldende Kunste ter viering van die galery se tiende bestaansjaar. Daar sal ‘n eklektiese mengsel van die personeel se werk wees, insluitend skilderye, beeldhouwerk en keramiek, fotografie, drukwerk, tekstiel, video, mode-ontwerp, grafiese ontwerp en selfs 3D-drukwerk. Die universiteit sê die uitstalling bring ‘n uiteenlopende groep kunstenaars saam wat die verloop van tyd ondersoek.
Central Bird Street Gallery vier 10de bestaansjaar met spesiale NMU-uitstalling