# Krieket: Die Indiese Premierliga het die uitspeelrondes bereik en ‘n plek in die eindstryd is op die spel in vandag se eerste kwalifiseringswedstryd. Die voorste twee spanne in die liga-fase, die verdedigende kampioen, Royal Challengers Bengaluru, en Gujarat Titans, speel in Dharamsala. Die wenner dring deur na Sondag se eindstryd, terwyl die verloorder nog […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, begin vandag sy veldtog vir ‘n loopbaan-Grand Slam in Parys. Die Franse Ope-kroon is die enigste Grand Slam-titel wat die Italianer nog nie gewen het nie. Hy het ‘n baie goeie kans om dit te vermag in die afwesigheid van sy grootste mededinger, die Spanjaard Carlos Alcaraz. Die verdedigende […]
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging sê besprekings oor Wêreldbeker-bonusse vir Bafana Bafana-spelers moet nog gefinaliseer word. SAFA se adjunkpresident, Linda Zwane, sê hulle sal met spelers praat op die kamp voor die toernooi. Bafana het tans een bevestigde opwarmingswedstryd teen Nicaragua Vrydag op die Orlando-stadion. Zwane het beklemtoon dat geen kwessies onopgelos gelaat sal word […]
# Sokker: Argentinië is bekommerd oor kaptein Lionel Messi se fiksheid nadat hy gister van die veld af is in die wedstryd tussen sy Amerikaanse span, Inter Miami, en Philadelphia. Die Wêreldbeker-wenner van 2022 het onttrek nadat hy die agterkant van sy linkerbeen vasgegryp het, maar dit het gelyk of hy normaal loop toe hy […]
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se kongres in Boksburg het besluit om vier geskorste lede van die nasionale uitvoerende komitee ná dissiplinêre optrede te verwyder. Visepresident Linda Zwane sê Monde Montshiwa, Gladwin White, Lebogang Riet en Bhuda Mathathe is beskuldig van beleids-oortreding en dat hul die organisasie oneer aangedoen het. Hy verduidelik dit volg op […]
# Soccer: The South African Football Association says discussions over FIFA World Cup bonuses for Bafana Bafana players are still to be finalised. SAFA vice-president Linda Zwane says they will engage players once at camp ahead of the tournament. Bafana currently have one confirmed warm-up match against Nicaragua at Orlando Stadium on Friday. He stressed […]
# Cricket: The Indian Premier League has reached the business end, and a place in the final is at stake in today’s first qualifier. Defending champions Royal Challenger Bengaluru, who topped the log after the league phase, play second-placed Gujarat Titans in Dharamsala. The winner goes straight through to Sunday’s final, while the loser will […]
# Skaatsplankry: Die Amerikaner Jason Vanporppal het minder as 25-kilometer om af te lê om sy buitengewone reis deur Afrika te voltooi. Die 26-jarige het in Februarie uit Kampala, Uganda, vertrek en deur vyf lande geskaats om fondse in te samel vir ‘n permanente skaatsplankpark in Uganda. Hy het ondanks siekte, slegte paaie en visumprobleme […]
# Rugby: Die blitsvinnige Springbok Cheslin Kolbe se terugkeer na Kaapstad is bevestig. Die 32-jarige veelsydige agterspeler het in 2017 die Stormers vir die Franse span Toulouse verlaat, en in 2023 verhuis na Japan. Die boorling van Kraaifontein in die Moederstad het in 2018 sy buiging vir Suid-Afrika gemaak en sedertdien 49 toetse gespeel en […]