# Soccer: Argentinian superstar Lionel Messi says he is unsure how much longer he will continue playing following the death of his father, Jorge, last week. He describes his father in an emotional tribute as his mentor and friend, and agent since the age of 14. Thirty-nine-year-old Messi says Jorge had wanted him to play […]
# Rugby: Babalwa Latsha keer terug om die Springbok-vrouespan te lei in hul tweede toetswedstryd teen die Fijiana-Vyftiental Saterdag in Lautoka. Maria Tshiremba maak haar Springbok-debuut op vleuel vir Suid-Afrika op Churchill Park. Latsha het verlede naweek se 55-12 oorwinning oor hul gashere in Suva misgeloop. Die Suid-Afrikaanse kaptein sal as vaskopstut opdraf in die […]
# Sokker: Die Argentynse superster Lionel Messi sê hy is onseker hoe lank hy nog sal speel nadat sy pa, Jorge, verlede week dood is. Hy het sy pa in ‘n emosionele huldeblyk beskryf as sy mentor en vriend, en agent sedert die ouderdom van 14. Die 39-jarige Messi sê Jorge wou hê hy moes […]
# Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê Duan Jansen is ‘n dinamiese veelsydige speler van dieselfde kaliber as sy tweelingbroer, Marco, en hy hou hom al ‘n geruime tyd dop. Marco het sedert 2021 vir Suid-Afrika geskitter met die kolf en die bal. Duan sal na verwagting sy internasionale buiging maak in volgende […]
# Rugby: Die afrigter van die Stormers-23, Tom Dawson-Squibb, het vyf veranderinge aan sy span aangebring vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Pumas in Mbombela. Die span het twee van hul vorige vier wedstryde verloor, insluitend teen die Vrystaat verlede naweek, en is tans sesde op die punteleer. Dawson-Squibb sê sy manne sal ‘n 80-minute-vertoning […]
# Sokker: Die Portugese superster Cristiano Ronaldo is met sy jarelange lewensmaat, Georgina Rodríguez, getroud in ‘n burgerlike seremonie met hulle kinders teenwoordig. Ronaldo het altesaam vyf kinders, twee saam met Rodríguez, en sy het ook gehelp om sy ander drie kinders groot te maak. Hulle is al tien jaar saam en het verlede jaar […]
# Soccer: Portuguese superstar Cristiano Ronaldo has married his longtime partner, Georgina Rodríguez, in a civil ceremony with their children attending. Ronaldo has five children in total, two of whom he shares with Rodríguez. She has also helped to raise his other three children. They have been together for ten years and announced their engagement […]
# Krieket: Afganistan sal die gasheerland wees in volgende maand se drie T20-wedstryde teen Indië in Delhi, Indië. Afganistan het sedert 2021 meestal hul tuiswedstryde in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel weens veiligheidsbekommernisse in hulle vaderland. Die voorsitter van Afganistan se Krieketraad, Mirwais Ashraf, sê hulle glo Indië bied ‘n uitstekende omgewing vir die reeks, […]
# Rugby: Die All Black-veteraan Ma’a Nonu het toestemming van sy ou span gekry voor hy gisteraand sy antwoord op die tradisionele haka op Kingspark in Durban uitgevoer het. Hy het vir die Haaie teen die toerspan gespeel nadat hy onlangs as mentor by hulle aangesluit het. Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê […]