# Die voorsitter van die Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika bly ‘n grondwetlike demokrasie waar die oppergesag van die reg geld. Sy sê kwessies rakende asielsoekers, migrasie en grensbestuur moet volgens die wet opgelos word. Dit volg nadat 30 mense sedert Donderdag in KwaZulu-Natal en Gauteng in hegtenis geneem is, insluitend persone […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging vra of regeringsondersteuningsprogramme werklik toestande in sukkelende munisipaliteite verbeter. Sy kommer volg ná ‘n onlangse vergadering waartydens die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake berig het dat hy 86-persent van sy jaarlikse prestasieteikens bereik het, ondanks voortdurende probleme met water- en riooldienste en swak infrastruktuurbesteding. Woordvoerder, Sydney Baloyi, sê hierdie […]
# Lamb Champs het ’n nuwe span van tien skaapboere, bekend as die “Baa-Barians“, aangekondig wat op 31 Oktober tydens die eerste Lamb Champs-uitnodigingstoernooi in Pretoria met Span Suid-Afrika sal meeding. Die verandering volg op Namibië se onttrekking aan die kompetisie weens bek-en-klouseer. Die stigter van die kompetisie en uitvoerende hoof van die landbou-organisasie Saai, […]
# Eskom toon steeds bedryfsverbeterings in sy kragopwekkingsvloot, met sy energie-beskikbaarheidsfaktor op 68,2-persent tot dusver hierdie boekjaar, die hoogste vlak in ses jaar. Woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die prestasie weerspieël volgehoue bedryfsverbeterings en strukturele ingrypings wat op Eskom se kragopwekkingsvloot toegepas is. Mokwena sê Eskom se voortgesette fokus op bedryfsverbeterings sal ‘n kernrol speel in […]
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake verwelkom die Departement van Binnelandse Sake se besluit om die riglyne oor asielsoekers terug te trek ná ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof. Die komitee wil nou dringend duidelikheid kry oor hoe die uitspraak in praktyk toegepas gaan word en gaan ‘n spesiale vergadering belê. Die departement […]
# Die Jacob Zuma-stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, het skerp kritiek uitgespreek teen wat hy noem, die oormatige mediabelangstelling in oudpresident Jacob Zuma se behandeling in die hospitaal. Manyi het in ‘n plasing op X gevra waarom Zuma se gesondheid soveel meer aandag geniet as die van adjunkpresident Paul Mashatile. Hy sê die media wakker […]
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê vyandigheid teenoor buitelanders kan nooit as ‘n verskoning dien vir geweld, plundering, brandstigting of intimidasie nie. Sy sê mense het die reg om vreedsaam te betoog en hul stem te laat hoor, maar niemand het die reg om die wet in eie hande te neem of wettige […]
# Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, het ‘n nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer om grasvelde, biodiversiteit en belangrike waterbronne te beskerm. Die Grasslands-nasionale park beslaan meer as tienduisend hektaar tussen Nqanqarhu en Rhodes. Sanparke sal die park bestuur, waar grondeienaars kan voortgaan met bewaringsvriendelike boerdery-aktiwiteite. Maynier sê dit […]
# Forestry, Fisheries and the Environment minister David Maynier has declared a new national park in the Eastern Cape to protect grasslands, biodiversity and important water sources. The Grasslands National Park covers more than ten-thousand hectares between Nqanqarhu and Rhodes. South African National Parks will manage the park, where landowners can continue conservation-friendly farming activities. […]