# Afrika Mayibuye Movement has questioned whether government support programmes are improving conditions in struggling municipalities. The concerns follow recent meeting, where the Department of Cooperative Governance and Traditional Affairs reported achieving 86-percent of its annual performance targets, despite ongoing water and sewage failures and poor infrastructure spending. Mayibuye spokesperson Sydney Baloyi says municipal interventions […]
# Die Parlement se staande komitee oor Finansies is bekommerd oor ongeveer 19 munisipaliteite wat sowat 1,7-miljard-rand in agterstallige pensioenfondsbydraes skuld. Munisipaliteite in die Vrystaat en Noordwes is verantwoordelik vir 79,4-persent van die algehele bedrag. Die voorsitter, Joe Maswanganyi, sê die komitee sal met die ministers van Finansies en Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, die […]
# Parlement se Portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling verwelkom die Openbare Beskermer se prestasie nadat al sy prestasieteikens in die 2025/26-boekjaar bereik is. Die instelling het ook ‘n skoon oudit ontvang, sonder enige wesenlike bevindings deur die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika. Die voorsitter, Xola Nqola, sê die komitee bly egter bekommerd oor die beskerming van […]
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede is bekommerd oor onreëlmatige besteding, herhaalde tekorte en dubbele besteding op konsultante by die Kommissie vir Geslagsgelykheid. Die komitee bevraagteken ook tekortkomings in die bevestiging van prestasie-inligting en eis verduidelikings oor navorsingsposte wat steeds vakant is. Lede van die komitee vra strenger […]
# COSATU hervat sy 15de Nasionale Kongres vandag tot Donderdag in Kemptonpark aan die Oos-Rand in Gauteng.Die tema is, “Die bou van ‘n militante, revolusionêre arbeidsbeweging en die versterking van anti-imperialistiese werkersklas-eenheid om werksgeleenthede te beskerm en sosialisme te bevorder.” COSATU se woordvoerder, Zanele Sabela, sê meer as een-duisend-800 afgevaardigdes woon dit by. Die kongres […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het ernstige kommer uitgespreek oor voorstelle om werkers se verteenwoordiging op pensioen- en beleggingsfonds-rade te beëindig. SADOU se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se voorstelle kan werkers se inspraak oor hul pensioengeld ondermyn. Die vakbond sê pensioengeld is uitgestelde inkomste waarop werkers geregtig is. Cembi […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysunie verwelkom die Hooggeregshof in Johannesburg se uitspraak wat die hervatting van COSATU se 15de Nasionale Kongres moontlik maak. Die kongres hervat vandag in Kemptonpark, Ekurhuleni en duur tot Donderdag om uitstaande sake af te handel. SADOU se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê die uitspraak is ‘n oorwinning vir werkers se demokrasie, […]
# Die United Progressive People Alliance het die 2026 matrieks sterkte toegewens met hul eindeksamen wat Dinsdag begin. Umalusi het bevestig sowat 1,08-miljoen kandidate is geregistreer om die eksamen af te lê in nege-duisend-183 sentrums landwyd. Woordvoerder, Abel Tau, het erkenning gegee aan die harde werk, opofferings en deursettingsvermoë wat matrieks getoon het om hierdie […]
# Die voorsitter van die Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê die regering sal voortgaan om immigrasiewette toe te pas, insluitend die deportasie van onwettige buitelanders. Kubayi het in Pretoria die gevolge van die Konstitusionele Hof se uitspraak uiteengesit. Kubayi sê buitelandse burgers wat onwettig in die land is sonder dat hulle om asiel […]