# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, is geskok na die tragiese ontdekking van twee toeriste se liggame in die noordelike deel van die Krugerwildtuin. Hy sê ‘n soektog is Donderdagaand van stapel gestuur nadat personeel opgemerk het die toeriste het nie teruggekeer na hul kamp nie. Ander toeriste het Vrydag […]
# Polisie in Limpopo soek na verdagtes nadat twee toeriste in die Krugerwildtuin vermoor is. Polisiewoordvoerder, Hlulani Mashaba, sê ‘n 71-jarige man en sy metgesel het verlede Sondag by ‘n kamp in die park aangekom en is Woensdag laas gesien. Hulle liggame is Vrydag in die Levubu-rivier gevind:
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het ‘n grootskaalse soektog aangevra na die verdagtes in ‘n gewapende roof en huisbraak by die woning van voormalige minister Naledi Pandor in Pretoria. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê drie gewapende verdagtes het Vrydagaand toegang tot die perseel verkry en die gesin met vuurwapens gedreig voor hulle die huis […]