# ActionSA dring aan op ‘n volledige ondersoek na die omstandighede rondom die taxibaas Joe “Ferrari” Sibanyoni se saak. Dit volg nadat die afpersing- en geldwassery-saak in die Kwaggafontein-landdroshof in Mpumalanga ineengestort het nadat die aanklaer nie opgedaag het nie. Dereleen James van ActionSA het die skorsing van die aanklaer verwelkom. James sê egter dat […]
# Die Departement van Gesondheid sê ‘n uitspraak deur die Konstitusionele Hof wat dele van die Nasionale Gesondheidswet ongrondwetlik verklaar, het geen direkte impak op die uitrol van die Nasionale Gesondheidsversekering nie. Die hof het bevind artikels 36 tot 40 van die wet is ongrondwetlik en ongeldig. Foster Mohale van die departement sê die uitspraak […]
# Die Verkiesingskommissie het kommer uitgespreek oor onakkurate stellings oor die integriteit van die 2024 nasionale en provinsiale verkiesings. Dit volg na opmerkings deur EFF-leier Julius Malema, wat op ‘n aanlyn uitsending beweer het stemme by die Mponegele Laerskool in Polokwane, Limpopo, is van die EFF na die ANC geskuif. Die kommissie sê die bewering […]
# Kaapstad, Zimbabwe en Namibië het ‘n strategiese vennootskap gevorm om Suider-Afrika se toerismesektor te versterk. Kaapstad Toerisme sê die ooreenkoms sal streeksamewerking, gesamentlike bemarking en oor-grens reise vir internasionale besoekers verbeter. Die Burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei en Toerisme, James Vos, sê die inisiatief is daarop gemik om langer verblyf en hoër toeristebesteding deur reispakkette […]
# Die afpersingsaak teen die taxi-magnaat Joe Sibanyoni en drie medebeskuldigdes is in die Landdroshof op Kwaggafontein van die rol geskrap. Verdedigingsadvokate, insluitend Shaun Abrahams, het aangevoer daar is nie voldoende bewyse vir die aanklagte nie. Die vier mans word daarvan beskuldig dat hulle na bewering 2,2-miljoen-rand van ’n mynmagnaat in Mpumalanga ge-eis het en […]
# The extortion case against taxi tycoon Joe Sibanyoni and three co-accused has been struck off the roll at the Kwaggafontein Magistrate’s Court. Defence lawyers, including Shaun Abrahams, argued there was no sufficient evidence on the charges. The four men accused of allegedly extorting 2.2-million-rand from a Mpumalanga mining mogul, were released after the State […]
# Die Vryheidsfront Plus verwelkom ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof wat die Sertifikaat van Behoefte in die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering ongrondwetlik verklaar. Die party sê die uitspraak bevestig langdurige waarskuwings dat die NGV nie ‘n grondwetlike ondersoek sal oorleef nie. Philip van Staden van die VF Plus vra die regering om die NGV-proses […]
# Die DA het Glynnis Breytenbach as sy nuwe hoofsweep in die Nasionale Vergadering aangestel. Die party sê sy beskik oor 12-jaar se parlementêre ervaring en dekades se ervaring as senior staatsaanklaer. Breytenbach sal saam met die adjunkhoofsweep, Baxolile Nodada, werk. Die DA se parlementêre leier, George Michalakis, sê Breytenbach sal toesig hou oor die […]
# The Freedom Front Plus welcomes a Constitutional Court ruling declaring the certificate of need in the National Health Insurance Act unconstitutional. The party says the judgment confirms long-standing warnings that the NHI would not withstand constitutional scrutiny. The FF Plus’s Philip van Staden urges government to halt the NHI process and return to the […]