# Die twee sake teen die geskorste beampte van die Georganiseerde Misdaadeenheid, sersant Fannie Nkosi, is in die Pretoria Streekshof gekonsolideer en uitgestel tot 15 September vir die bekendmaking van die dossiere. Nkosi staan tereg op aanklagte van bedrog, diefstal en regsverydeling. Die Nasionale Vervolgingsgesag het ‘n sentraliseringsertifikaat verkry om die sake saam te voeg. […]
# Volgens ‘n studie deur die Universiteit van Kaapstad is beduidende uitstortingvermindering sonder ‘n skielike onderbrekings by Sasol se Secunda-steenkool-tot-vloeistofkompleks in Mpumalanga moontlik. Die studie toon dat hernubare energie en verbeterde doeltreffendheid uitstorting teen 2030 met ongeveer 26-persent kan verminder, terwyl dieper verminderings deur groen waterstof, elektrifisering en koolstofopvang veroorsaak kan word. Die universiteit sê […]
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het ’n finale uitstel tot 18 September toegestaan aan Victor Majola, die vermeende meesterbrein agter die huurmoord opWarrick “DJ Warras” Stock. Majola se prokureur, Piet Du Plessis, het aan die hof gesê sy firma is nie ten volle befonds om Majola te verteenwoordig nie. Hy het gesê Regshulp Suid-Afrika sal […]
# Goudprodusent DRDGold rapporteer ‘n sterk finansiële prestasie vir die 2026-boekjaar. Die bedryfswins het met 83-persent gestyg tot elf-miljard-rand, terwyl wesensverdienste met 89-persent tot vier-miljard-rand gestyg het. Goudproduksie het vier-duisend-839 kilogram bereik, hoër as die teiken. Die maatskappy sê meer as vyf-miljard-rand wat in sy visie 2028-groeiprogram belê is, begin opbrengs lewer, met nuwe infrastruktuur […]
# Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling doen ‘n beroep op alle geregistreerde organisasies sonder winsbejag om verdagte finansiële transaksies onmiddellik by die owerhede aan te meld. Amptenare sê die stap is daarop gemik om geldwassery, bedrog en die misbruik van skenkerfondse binne die sektor te voorkom. Organisasies sonder winsbejag word herinner aan hul wetlike verpligtinge […]
# Die regering sê hy sal voortgaan om voedsel- en energiesekerheid te versterk, werk te skep en lewenskoste te verlaag. Dit volg op die jongste inflasiesyfers wat verlede maand ‘n daling in verbruikersinflasie tot 4,3-persent vanaf vyf persent in Junie getoon het. Die adjunk- regeringswoordvoerder William Baloyi sê die daling bied ‘n mate van verligting […]
# Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het staatsadvokaat Drushantha Ramsamy van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie daarvan beskuldig dat sy vir die Madlanga-kommissie oor hom gelieg het. In getuienis voor die kommissie het Adams beweer Ramsamy se weergawe van hul vergadering is onakkuraat. Hy het gevra ‘n opname van die vergadering moet […]
# Cosatu verwelkom die die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie se Arbeidshof-oorwinning in die Mangaung-korrektiewe sentrum-saak nadat die hof ‘n aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys het. Zanele Sabela van Cosatu sê die uitspraak is belangrik want dit versterk die beskerming van werkers kragtens Artikel 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge. Sy sê werknemers […]
# National Coloured Congress leader Fadiel Adams has accused State Advocate Drushantha Ramsamy of the Investigating Directorate Against Corruption of lying to the Madlanga Commission about him. Testifying before the commission, Adams claims Ramsamy’s account of their meeting is inaccurate and has called for a recording of the meeting to be subpoenaed and played. He […]