# ʼn Nuwe studie van Suid-Afrikaanse sorghum-bio-etanol het goeie handelspotensiaal gevind vir die vervaardiging van bio-etanol deur gewasse soos sorghum en suikerriet te gebruik. Boere en leiers in die bedryf het by ʼn byeenkoms in Sandton gesê ʼn duidelike aanvraag, bestendige pryse en regeringsondersteuning is nodig voor grootskaalse gewasaanplanting kan begin. Die studie in opdrag […]
# Action Society sê openbare veiligheid en slagoffers se regte moet voorkeur geniet bo administratiewe prosesse. Dit volg na aanleiding van berigte dat byna 28 duisend parool-voortvlugtiges nie opgespoor kan word nie. Die organisasie sê dit verteenwoordig ‘n ernstige mislukking in die paroolstelsel en plaas gemeenskappe in gevaar, veral waar gewelddadige oortreders betrokke is. Woordvoerder […]
# ʼn Ekonoom aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe-persent te verhoog, is ʼn voorsorgmaatreël teen toekomstige inflasie. Hy sê egter daar is steeds beperkte bewys van sterker inflasie-verwagting en die verhoging se tydsberekening is debatteerbaar gegewe die swak groeivooruitsig. Parsons […]
# Die EFF-leier Julius Malema sê Afrika kan nie sê hy ondersteun bevryding ten volle terwyl Wes-Sahara se kwessies onopgelos bly nie. Hy het by die EFF se Afrikadag-beraad in Pretoria gepraat en gesê die Sahrawi-mense word deur Marokko beset en voer ʼn stryd vir selfbeskikking. Hy het ook gewaarsku dat konflik in lande soos […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, verwelkom die ondertekening van ʼn belangrike eindpunt-operateur-ooreenkoms vir ʼn fasiliteit vir vloeibare aardgas by die Ngqura-hawe in die Oos-Kaap. Creecy sê die projek is ʼn bepalende stap na energiesekerheid, infrastruktuurontwikkeling en ekonomiese groei. Die ooreenkoms gee goedkeuring dat die Strategiese Brandstof-fonds ʼn fasiliteit bou om vloeibare aardgas in […]
# Solidariteit Helpende Hand het Wêreldhongerdag landwyd herdenk met meer as 40 projekte. Die tema was ‘honger vir hoop’. Daar was onder andere sopkombuise, skenkings van kos- en komberse, geletterdheidsveldtogte en gemeenskapsondersteuningsprojekte gemik op kwesbare gesinne. Die organisasie het Suid-Afrikaners aangemoedig om te help om fondse in te samel vir voedingsprogramme. Hannes Noëth van Solidariteit […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe-persent verhoog weens hoër inflasie. Stygende oliepryse wêreldwyd, voortslepende geopolitieke spanning en onlangse oorstromings het die land se ekonomiese vooruitsigte verswak en inflasie laat styg. Die bank se president, Lesetja Kganyago, sê inflasie het in April tot vier-persent toegeneem, hoofsaaklik weens brandstof- en vervoerkoste, […]
# Polisie verskerp landwye operasies teen onwettige immigrasie deur Operasie Shanela. Byna een-duisend ongedokumenteerde buitelanders is die afgelope week in hegtenis geneem vir die oortreding van immigrasiewette. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê sedert Januarie vanjaar is meer as 29-duisend onwettige buitelanders in hegtenis geneem tydens intelligensie-gedrewe operasies, padversperrings en stop-en-deursoekings. Mathe vra gemeenskappe om eiereg te […]
# Die EFF-leier Julius Malema veroordeel onlangse betogings teen immigrante. Hy noem dit Afrofobie en sê dit weerspieël verdelings wat deur kolonialisasie geskep is. Malema het in Pretoria aangevoer Afrikane is doelbewus deur koloniale stelsels verdeel om eenheid op die vasteland te verswak. Sy opmerkings kom te midde van betogings oor werkloosheid, swak dienslewering en […]