# Statistiek Suid-Afrika sê 85-persent van mense 16 jaar en ouer het verslawing, dwelm- of alkoholmisbruik as die hoofoorsaak van geweld teenoor vroue en kinders geïdentifiseer. Die woordvoerder, Boitumelo Mooketsi sê die jongste verslag oor slagoffers van misdaad uit die verslag oor regering, openbare veiligheid en geregtigheid dui daarop dat meer as 80-persent van vroue […]
# ActionSA het die stadsbestuurder van eThekwini, Musa Mbhele, by die Nasionale Vervolgingsgesag aangegee oor beweerde korrupsie wat verband hou met die Phoenix-behuisingsprojek. Dit volg nadat die Spesiale Ondersoekeenheid bewyse van korrupsie gevind het en aanbeveel het verskeie maatskappye en individue moet op die swartlys geplaas word. Alan Beesley van ActionSA sê sommige van die […]
# Bontebok Nasionale Park in die Wes-Kaap het weer vir die publiek oopgemaak nadat dit in Mei deur verwoestende vloede beskadig is. Die vloede het chalets, die piekniekterrein en die hooftoegangspad beskadig, met herstelwerk wat na verwagting sowat 12-miljoen-rand sal kos. Herstelwerk aan die oorblywende fasiliteite en roetes is steeds aan die gang. Die minister […]
# Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar, Shoprite, het ‘n toename van 12,2-persent in jaarlikse wesensverdienste gerapporteer, gedryf deur bestendige verkoopsgroei en uitbreiding in sy kern kruideniersware-onderneming. Handelswareverkope uit voortgesette bedrywighede het met 7,2-persent gestyg tot 270,8-miljard-rand in die 52 weke tot 28 Junie, vanaf 252,7-miljard-rand op ‘n jaar grondslag. Shoprite sê sy fokus is op bekostigbare […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die regering moet dringend ‘n plan instel om ou voertuie te herwin terwyl werksgeleenthede beskerm en geskep moet word. Die vereniging waarsku Suid-Afrika kan sonder behoorlike herwinningsreëls toegang tot die Europese mark verloor, wat miljarde rande in uitvoere en baie werksgeleenthede in gevaar kan stel. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola, […]
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, sê ‘n hersiene konsepbeleid oor kunsmatige intelligensie sal teen die einde van die boekjaar gefinaliseer word en later vir openbare kommentaar vrygestel word. Die beleid probeer om digitale innovering te bevorder terwyl etiese kwessies en KI-verwante risiko’s aangespreek word. Die eerste konsep is teruggetrek nadat […]
# Die Africa Finance Corporation het ‘n nuwe filiaal, AFC Captive Insurance Company, gestig om risikobestuur te versterk en infrastruktuurfinansiering regoor Afrika te ondersteun. Die maatskappy, wat in Bermuda gebaseer is, word ten volle deur AFC besit en het nagenoeg 484-miljoen-rand in aandelekapitaal. Dit sal aanvanklik versekeringsdekking vir AFC-lenings bied, wat die groep sal help […]
# Die Departement van Gesondheid sê medisynevoorrade in die openbare gesondheidsektor bly bestendig, ondanks kommer oor tekorte en veranderings in die voorkoms of verpakking. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê pasiënte kan medisyne van verskeie goedgekeurde vervaardigers ontvang, maar die produkte bevat dieselfde aktiewe bestanddele en bied dieselfde voordele. Mohale voeg by tydelike tekorte […]
# Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, afgetrede regter Mbuyiseli Madlanga, het beslis die geskorste adjunkhoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan, se mediese toestand moet bekend gemaak word. Die kommissie het teruggedateerde mediese verslae ondersoek wat ingedien is om Khan se afwesigheid vandag by die kommissie te verduidelik. Madlanga sê ‘n uitspraak soortgelyk aan dié rakende […]