# President Cyril Ramaphosa het die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, as waarnemende president aangestel, aangesien beide die president en adjunkpresident, Paul Mashatile, tans in die buiteland is. Ramaphosa het Woensdag ‘n amptelike besoek aan Ierland afgelê en sal vandag die Global Gateway Forum in Brussel, België, bywoon. Mashatile is op ‘n […]
# President Cyril Ramaphosa has appointed Defence and Military Veterans minister, Angie Motshekga, to serve as acting president, as both the president and deputy president, Paul Mashatile, are currently out of the country. Ramaphosa undertook an official visit to Ireland on Wednesday and will today attend the Global Gateway Forum in Brussels, Belgium. Mashatile is […]
# Die Transnet Nasionale Hawensowerheid het ‘n 25-jaar konsessie-ooreenkoms met FFS Tank Terminals onderteken om ‘n vloeibare grootmaat-terminaal by die Kaapstad-hawe te bedryf en in stand te hou. Die belegging van 195,7-miljoen-rand oor drie jaar sal infrastruktuur opknap, operasionele doeltreffendheid verhoog en die dieselbergingskapasiteit verdubbel tot 29-duisend-200-kubieke meter. Die Hawe-owerheid sê die ooreenkoms ondersteun sy […]
# Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, sê sekere joernaliste het sensitiewe sekerheidinlgiting gepubliseer, wat polisie-operasies bedreig. In getuinenis voor die parlement se ad hoc-komitee, sê Mkhwanazi die lekkasies het polisiebedrywighede en beamptes wat aan geklassifiseerde sake werk, in gevaar gestel. Hy het die Staatsveiligheidsagentskap versoek om teen diegene wat verantwoordelik is op te tree […]
# Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, het die swak behandeling deur Israelse soldate beskryf nadat die Israelse Vloot hulle bote onderskep het. Hy sê hulle is kos geweier, geboei, geparadeer en hardhandig hanteer toe hulle in Asjdod aangekom het. Mandela sê Israelse owerhede het ook die 22-jarige Sweedse aktivis Greta Thunberg geteister. Hy beskryf […]
# Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi sê die land kan in vlamme opgaan as besonderhede oor interne ANC-veldtogbetalings bekend gemaak word. Mkhwanazi het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê sekere amptenare is betrokke by politieke inmenging, en die sakeman Brown Mogotsi het toegang gehad het tot sensitiewe polisie-inligting. Brown het na bewering finansiële steun […]
# Kaapstad is benoem onder die wêreld se beste stede in Travel plus Leisure se reistoekennings vir Indië en Suid-Asië, in die kategorie Internasionale Bestemmings, Beste Stad. Die tema is die Kuns van Ontdekking, en die toekennings vier plekke wat verkenning en verbintenis aanmoedig. Briony Brookes van Kaapstad Toerisme sê die benoeming bevestig die Moederstad […]
# Die Nasionale Tesourie sal vandag, onder leiding van die direkteur-generaal, Duncan Pieterse, die MzansiXchange Pilot bekendstel. Die inisiatief het ten doel om ‘n veilige en burgergesentreerde data-uitruilplatform te skep om bewysgebaseerde beleidmaking en intydse dataverifikasie tussen regeringsdepartemente te verbeter. Dit is deel van Suid-Afrika se MyMzansi digitale transformasie padkaart. Vennote sluit in Statistieke Suid-Afrika, […]
# Die DA het gewaarsku teen wat hy gevaarlike en onverantwoordelike lenings vir die ANC se voorgestelde Transformasiefonds noem. Die DA-woordvoerder Toby Chance sê die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging beplan om tussen 34-miljard-rand en 50-miljard-rand van die Afrika Uitvoer-Invoer Bank te kry. Hy voer aan die fonds kan belastingbetalers belas met die onbetaalde […]