# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die skietery by ‘n taverne in Wedela, Carletonville, veroordeel. Die voorval het Saterdagaand die lewens van 17 mense geëis terwyl 15 gewond is. Volgens voorlopige berigte het agt gewapende mans op kliënte binne en buite die perseel losgebrand. Vyf mense is buite doodgeskiet en 12 binne. Volgens […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare het kommer uitgespreek oor die veiligheid van onderwysers in Noordwes ná die voorval waarin ‘n adjunkhoof by die Mammutla Secondary School met ‘n mes gesteek is. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naicker, sê geweld, intimidasie en aanvalle op onderwysers, veral op skoolterreine, is onaanvaarbaar. Hy vra ook vir toepaslike ondersteuning […]
# Die Afrika Mayibuye Movement het die dood van 27 mense by kroeë in twee afsonderlike voorvalle in Gauteng en die Wes-Kaap oor die naweek veroordeel. Die beweging se woordvoerder, Sydney Baloyi, sê die Grondwet waarborg elke burger se reg op lewe, en die voortdurende geweld teen vroue en gemeenskappe is onaanvaarbaar. Hy sê arrestasies […]
# Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, vra vir voortgesette steun vir gesinne wat geraak is deur ‘n dodelike botsing naby Mtubatuba waarin 11 mense gister dood is. Die regeringswoordvoerder, Bongani Gina, sê ‘n minibus-taxi en ‘n vragmotor het reg van voor gebots in die Nkodibe-gebied. Hy sê die taxi het aanhangers van Maskandi-musiek vervoer […]
# Die IVP-leier Velinkosi Hlabisa doen vra vir ‘n dringende en deurtastende ondersoek na die N2-ongeluk by KwaShikishela, Mtubatuba, waarin 11 mense dood en agt beseer is. Hy sê die owerhede moet vasstel of die minibus-taxi en die vragmotor padwaardig en behoorlik onderhou was, en of hulle aan veiligheidsregulasies voldoen het. Hlabisa sê enigiemand wat […]
# Die Noordwes Provinsiale Tesourie versterk ondersteuning aan munisipaliteite om die bestuur, besteding en rapportering van infrastruktuurtoelaes te verbeter. Die hoof van die Tesourie, Ndlela Kunene, sê effektiewe toelaebestuur is noodsaaklik om te verseker dat openbare fondse in infrastruktuur en dienste vir gemeenskappe omskep word. Hy sê oordragaansoeke is van tien munisipaliteite ontvang en sal […]
# Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op inwoners van Kaapstad om voor Dinsdag se sperdatum deel te neem aan openbare gesprekke oor die Stad se konsepverordening oor die aanhou van diere. Pieter Jansen van Vuuren van die party sê die voorgestelde wetgewing sal diere-eienaars en die breër gemeenskap regstreeks raak, terwyl dit wetstoepassingsbeamptes groter […]
# Die Stad Kaapstad se Brand- en Reddingsdiens sê spanne monitor en blus die opflikkering van brande langs vuurlyne nadat ‘n groot veldbrand in die rigting van Kogelbaai en Gordonsbaai versprei het. Woordvoerder Michael Abrahams sê die terrein het dele van die brand ontoeganklik gemaak vir brandbestrydingspanne, wat voortgaan om die brand te monitor. Hy […]
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het die Gautengse polisie geprys vir die vinnige inhegtenisneming van ‘n verdagte wat verbind word met die moord op ‘n vrou wie se liggaam gister by die Mooifontein-begraafplaas in Tembisa, Ekurhuleni, gevind is. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagte het ná die moord na Tzaneen in Limpopo gevlug, […]