Skip to content

Twee strande in KuGompo City gesluit ná noodlottige haaiaanval

# Die Buffalo City Munisipaliteit in die Oos-Kaap het Orientstrand en Oos-strand in KuGompo City tot verdere kennisgewing gesluit ná vanoggend se noodlottige haaiaanval op Orientstrand. Die slagoffer was volgens berigte ‘n bejaarde vrou wat saam met ‘n groep oopwaterswemmers geswem het. Die munisipaliteit vra strandgangers om uit die water te bly op die betrokke strande en versigtig te wees in ander kusgebiede.