# Die Gautengse primier, Panyaza Lesufi, verwelkom die inhegtenisneming van ‘n pastoor wat na bewering betrokke was by die moord op ‘n vier-maande-oue baba. Die 36-jarige verdagte is Saterdag in Diepsloot aangekeer en sal na verwagting vandag in die Landdroshof in Atteridgeville verskyn. Sy twee vroue het Vrydag in die hof verskyn. Woordvoerder van die […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysunie verwelkom die Hooggeregshof in Johannesburg se uitspraak wat die hervatting van COSATU se 15de Nasionale Kongres moontlik maak. Die kongres hervat vandag in Kemptonpark, Ekurhuleni en duur tot Donderdag om uitstaande sake af te handel. SADOU se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê die uitspraak is ‘n oorwinning vir werkers se demokrasie, […]
# Die DA in Gauteng sê onlangse krag- en elektriese onderbrekings wat Rand Water se Zuikerbosch-waterbehandelingsaanleg en die Palmiet-stelsel geraak het, lê die kwesbaarheid van die provinsie se waterinfrastruktuur bloot. Die DA-lid Nico de Jager sê dit is onaanvaarbaar dat ‘n enkele elektriese fout miljoene inwoners en ondernemings in Johannesburg en omliggende munisipaliteite se watervoorsiening […]
# ActionSA het kritiek uitgespreek oor die gebrek aan voltooide bekostigbare behuisingsprojekte in Kaapstad se middestad nadat die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, erken het geen so ‘n projek is sedert 2017 voltooi nie. Die party sê Winde het aangedui verskeie bekostigbare- en maatskaplike-behuisingsprojekte word beplan, maar nie een is in bykans ‘n dekade voltooi nie. […]
# Lamb Champs het ’n nuwe span van tien skaapboere, bekend as die “Baa-Barians“, aangekondig wat op 31 Oktober tydens die eerste Lamb Champs-uitnodigingstoernooi in Pretoria met Span Suid-Afrika sal meeding. Die verandering volg op Namibië se onttrekking aan die kompetisie weens bek-en-klouseer. Die stigter van die kompetisie en uitvoerende hoof van die landbou-organisasie Saai, […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Gesondheid en Welstand, Mireille Wenger, het Suid-Afrika se eerste beloningsprogram vir gebruikers van openbare gesondheidsdienste bekendgestel. WOWRewards sal as ‘n langtermyn-projek in Westridge in Mitchells Plain begin om te toets of aansporings ‘n gesonder leefstyl en vroeë toegang tot voorkomende gesondheidsorg aanmoedig. Wenger sê die program het ten doel om […]
# Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, het ‘n nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer om grasvelde, biodiversiteit en belangrike waterbronne te beskerm. Die Grasslands-nasionale park beslaan meer as tienduisend hektaar tussen Nqanqarhu en Rhodes. Sanparke sal die park bestuur, waar grondeienaars kan voortgaan met bewaringsvriendelike boerdery-aktiwiteite. Maynier sê dit […]
# Forestry, Fisheries and the Environment minister David Maynier has declared a new national park in the Eastern Cape to protect grasslands, biodiversity and important water sources. The Grasslands National Park covers more than ten-thousand hectares between Nqanqarhu and Rhodes. South African National Parks will manage the park, where landowners can continue conservation-friendly farming activities. […]
# ‘n Ses-en-dertig-jarige vermeende pastoor, wat gesoek is in verband met die moord op ‘n vier-maande-oue baba en die beweerde verkragting van die kind se 43-jarige ma, is in Diepsloot, Johannesburg in hegtenis geneem. Die voorval het Woensdag naby die Hennopsrivier langs die R511 in Atteridgeville plaasgevind. Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê die verdagte is gister […]