# Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het herhaal hy sal geen bedrog en korrupsie duld nie en sê hy is steeds verbind tot die beskerming van die integriteit van die maatskaplike toelaestelsel om te verseker dat toelaes die regmatige afhanklikes bereik. Die agentskap het vier amptenare van sy Nebo-kantoor in Sekhukhune, Limpopo, afgedank nadat […]
# Die Stad Kaapstad sê die Killarney Gemeenskapsherwinningsentrum, voorheen bekend as die Killarney Drop-off-fasiliteit sal van Woensdag af weer ten volle in werking tree. Die stad sê die beplande opgraderings en instandhouding by die fasiliteit is suksesvol voltooi. Die werk het verbeterings ingesluit wat bedoel is om veiliger en meer doeltreffende bedrywighede te ondersteun, stormwaterbestuur […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, sê die regering se Werksoeker-reisbewysprogram help werklose inwoners in George om werksgeleenthede te kry sonder dat vervoerkoste in die pad staan. Sedert die program verlede maand van stapel gestuur is, het een-duisend-766 werklose inwoners geregistreer, en een-duisend-en-83 gratis ritte is reeds op die GO GEORGE-busdiens onderneem. Die […]
# Die burgerlike beweging, Soil of Africa, verwelkom elke opregte ingryping wat skoon water na die mense van Hammanskraal bring. President Cyril Ramaphosa het die Nasionale Watertoegang-versnellingsprogram in Hammanskraal van stapel gestuur om die gebied se voortdurende waterkrisis op te los. Die leier van Soil of Africa, Bongani Ramontja, sê egter hulle gaan nie ‘n […]
# President Cyril Ramaphosa het die Klipdrift 50-megaliter per dag Pakket-waterbehandelingsaanleg in Hammanskraal, Tshwane, amptelik geopen om watersekerheid te verbeter en volhoubare toegang tot veilige drinkwater vir gemeenskappe in die gebied te bied. Die ingebruikneming van die aanleg het deel gevorm van die Departement van Water en Sanitasie se Mandeladag-program. Ramaphosa het die voltooiing van […]
# ActionSA het sy regspan opdrag gegee om stappe te doen in die Pretoriase Hooggeregshof. Die party versoek die hof om die polisie se tugbevindings van Wally Rhoode en Hennie Rekhoto te hersien en tersyde te stel. Dit spruit voort uit hul optrede tydens die ondersoek na die Phala Phala-inbraak. ActionSA se voorsitter, Michael Beaumont, […]
# ActionSA has instructed its legal team to institute proceedings in the Pretoria High Court. The party is asking the Court to review and set aside police disciplinary findings relating to Wally Rhoode and Hennie Rekhoto, arising from their conduct during the investigation into the Phala Phala burglary. ActionSA chairperson Michael Beaumont says having carefully […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika het steeds aansienlike watervoorsieningsuitdagings in baie dele van die land. Hy het gister in Babanango, KwaZulu-Natal, gepraat by die bekendstelling van die program vir gemeenskappe wat nie toegang tot water het nie. Hy sê klimaatsveranderlikes, verouderende infrastruktuur, bevolkingsgroei, vandalisme en gebrekkige besteding het toenemende druk op die land se […]