# Die beweerde misdaadbaas Vusimuzi “Cat” Matlala het aan die Madlanga-kommissie gesê die voormalige Valke-hoof van KwaZulu-Natal, Lesetja Senona, het hom 20-duisend-rand geleen nadat die polisie in Desember 2024 sy huis in Pretoria deursoek het. Volgens Matlala het die polisie daardie maand twee klopjagte uitgevoer en sy fone gekonfiskeer. Hy sê Senona het belowe om […]
# Motoriste moet Vrydag 28 Augustus verkeersontwrigtings in Fourways verwag as gevolg van die Johannesburgse Metropolisiedepartement se Vrouemaand-bewusmakingstaptog. Woordvoerder Xolani Fihla sê die staptog is vanaf 10-uur tot 12-uur met ongeveer 300 deelnemers. Die roete begin by Uraniumpark in Uraniumstraat, beweeg dan links op Winnie Mandela-rylaan, verby Pieter Wenningweg en daarna na die Indaba Hotel. […]
# Premier Foods lig vakbonde vandag in oor alternatiewe tot die voorgestelde sluiting van sy vrugte-inmaakaanleg in Tulbagh in die Wes-Kaap. Die maatskappy het glo verskeie voorstelle gedoen, soos om beleggers of kopers te vind of die aanleg te verskuif. Die sluiting is verlede maand aangekondig, slegs vier maande na sy samesmelting met die Rhodes-kosgroep. […]
# Johannesburg Water sê die Stad gebruik sowat 200-megaliter meer water per dag as sy voorsieningsteiken, wat druk op die stelsel plaas. In ‘n onderhoud met eNCA sê bestuurder Gugulethu Quma die daaglikse vraag is gemiddeld tussen een-duisend-700 en een-duisend-750-megaliter teenoor ‘n teiken van een-duisend-500 tot een-duisend-550 megaliter. Hy sê die Stad bespaar water oornag […]
# Die Brandweerdienste van die Kaapse Wynlande Distriksmunisipaliteit het ‘n weghol-veldbrand in die Kogmanskloof-gebied buite Montagu onder beheer gebring. Dit dui op ‘n vroeë begin van die 2026/2027-brandseisoen. Die munisipaliteit waarsku die brand dui op ‘n langer en meer veeleisende seisoen, wat druk op brandbestrydingshulpbronne, boere en natuurgebiede plaas. Die burgemeester Elna von Schlicht vra […]
# The Cape Winelands District Municipality’s Fire Services have contained a large wildfire in the Kogmanskloof area outside Montagu, marking an unusually early start to the 2026/2027 fire season. The municipality warns the early fire could signal a longer and more demanding season, putting pressure on firefighting resources, farmers and natural areas. Mayor Elna von […]
# Die Suid-Afrikaanse Vrag- en Logistiekvereniging en die Padvragvereniging vra ‘n dringende herstelplan om die vloei van vragte op die Durbanse hawe-terminaal te herstel. Woordvoerder Gavin Kelly sê skepe het verlede maand gemiddeld 80-uur voor anker gelê en wag en die hoeveelheid gehanteerde vrag het met 26-persent gedaal ná die oorskakeling na die NAVIS N4-stelsel, […]
# Die Brasiliaanse minister van Buitelandse Sake, Mauro Vieira, sê ‘n handelsending uit verskeie sektore is in Suid-Afrika om wedersydse voordelige geleenthede te ondersoek. Hy het tydens die agtste vergadering van die Suid-Afrika-Brasilië gesamentlike kommissie in Pretoria, samewerking in handel, wetenskap en tegnologie beklemtoon, veral in ruimtewetenskap, mariene navorsing en gesondheid. Vieira sê albei lande […]
# Suid-Afrikaanse steenkoolprodusente belê toenemend in hernubare energie om koste te besnoei en uitstralings te verminder. Exxaro Resources beoog om teen 2030 een-duisend-600 megawatt se geïnstalleerde hernubare energie-opwekkingsvermoë deur sy filiaal Cennergi te lewer. Die onderneming se sonkragaanleg van 68-megawatt by die Grootegelukmyn in Limpopo het die myn se afhanklikheid van die nasionale kragnetwerk met […]