# Die Gautengse Departement van Onderwys erken daar is vertragings met die uitbetaling van skooltoelaes, wat 15 Mei in die onderskeie skoolrekenings gedeponeer sou word. Die woordvoerder, Onwabile Lubhelwana, sê die departement sal verseker die uitbetaling van die fondse begin volgende maand. Hy sê die fondse dek noodsaaklike bedryfskoste soos leer- en onderrig-ondersteuningsmateriaal, munisipale dienste, […]
# Die DA in Johannesburg het ‘n strafregtelike saak teen die Stad se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsontwikkeling en -beplanning, Thapelo Amad, aanhangig gemaak vir die afvuur van ‘n vuurwapen in die openbaar. Die DA-lid, Belinda Kayser-Echeozonjoku, sê hulle het onlangs inligting van ‘n betroubare bron ontvang dat Amad glo nalatig skote in die lug afgevuur het […]
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kunsmatige Intelligensie en die Wes-Kaapse Regering het ‘n nuwe provinsiale kunsmatige intelligensie-groepering gevestig om die KI-sektor in die provinsie te laat groei. Die inisiatief sal fokus op die beleid, bestuur en infrastruktuur van KI, en is daarop gemik om innovering te versterk, beleggings te lok en werksgeleenthede oor die volgende […]
# COSATU in Gauteng is diep bekommerd en verontwaardig oor die Openbare Beskermer se bevindings dat die Departemente van Gesondheid en Infrastruktuurontwikkeling herstelwerk aan die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal onnodig vertraag het ná ‘n verwoestende brand in April 2021. COSATU se voorsitter, Amos Monyela, sê openbare instellings wat toevertrou word met die beskerming van […]
# Die Stad Kaapstad vra die Ministerie van Polisie om die voortdurende mislukking van die strafregstelsel aan te spreek, veral rakende skuldigbevindings vir onwettige en verbode vuurwapens wat deur stadswetstoepassers gekonfiskeer word. Die stad het tussen Januarie 2023 en Maart 2026 een-duisend-763 sake wat verband hou met onwettige vuurwapens en ammunisie aangeteken. Die burgemeesterskomiteelid vir […]
# Die Stad Kaapstad sê MyCiTi-tariewe sal in alle waarskynlikhied van Julie af styg weens die hoë dieselprys. Die stad het sedert Maart vanjaar dieselprysverhogings namens MyCiTi-pendelaars gedra en sal dit nog tot Junie doen. Die burgemeesterskomiteelid vir Mobiliteit, Rob Quintas, sê sodra die nasionale regering die dieselprys in Junie bevestig, sal hulle pendelaars die […]
# Die Vryheidsfront Plus in Johannesburg het die burgemeester, Dada Morero, gewaarsku die metro se groeiende finansiële las en verbrokkelende infrastruktuur belemmer inwoners en belastingbetalers se dienslewering. Die party sê die metro het 72-miljard-rand in uitstaande skuld en ‘n skokkende agterstand van 220-miljard-rand in infrastruktuur-instandhouding. Franco de Lange van die VF Plus sê die Raad […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê veiligheid vereis dat die SAPD geteikende strukturele ingrypings instel deur ondersoekende magte na provinsies en munisipaliteite uit te brei. Die jongste polisie-misdaadstatistieke vir die vierde kwartaal toon moorde in die provinsie het met 8-persent afgeneem, vanaf een-duisend-68 gevalle tussen Januarie en Maart verlede jaar, tot 983 gevalle in […]
# Die DA in Gauteng wil dringend met die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, skakel om sekere wetstoepassings-magte na provinsies af te wentel vir ‘n doeltreffender misdaadvoorkomingstrategie. Woordvoerder Crezane Bosch sê die jongste misdaadstatistieke vir die vierde kwartaal wat die polisie vrygestel het, toon dat 54,8-persent van alle ontvoeringsake wat nasionaal aangeteken is, in […]