# Voormalige eThekwini-burgemeester en voormalige ANC-streekvoorsitter, Zandile Gumede, het by die MK-party aangesluit en is as die party se adjunkprovinsiale sameroeper in KwaZulu-Natal aangestel. Gumede en 21 medebeskuldigdes, staan tans tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie wat verband hou met ‘n Durbanse vaste-afvaltender van 320-miljoen-rand. Die sekretaris-generaal van MK, Sibonelo Nomvalo, het die aanstelling […]
# De Beers het aangekondig hy gaan produksie by Suid-Afrika se grootste diamantmyn, sy Venetia-myn in Limpopo, vir twee jaar opskort as deel van ‘n kostebesparings- en herstruktureringsplan. News24 berig die myn, wat ongeveer 40-persent van die land se diamante vervaardig, sal die tyd gebruik om belangrike ondergrondse infrastruktuur op te knap terwyl Anglo American […]
# Die KwaZulu-Natal Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake koördineer noodbystand aan inwoners wat geraak is deur die verwoestende brand in die Jika Joe-informele nedersetting in Pietermaritzburg. Die brand oor die naweek het na raming 427 huishoudings geraak, met vier mense beseer en een vermis. Die woordvoerder van die Departement, Senzelwe Mzila, sê die […]
# Die DA sê Johannesburg se voortdurende protesoptrede deur Pikitup het ‘n openbare gesondheids- en omgewingsrisiko geword, aangesien vullis in dele van die stad nog steeds nie verwyder word nie. Leanne de Jager van die party sê inwoners word blootgestel aan onwettige storting, terwyl gebreekte vulliswaens en swak finansiële bestuur die krisis vererger. De Jager […]
# Owerhede by die tydelike repatriasieverwerkingsentrum in Musina, Limpopo sê sekere Zimbabwiese migrante misbruik die repatriasiestelsel om gratis vervoer te probeer bekom. Beamptes beweer van die persone registreer herhaaldelik vir vrywillige repatriasie, alhoewel hulle geen voorneme het om na hul geboorteland terug te keer nie. Die Departement van Binnelandse Sake sê maatreëls word ingestel om […]
# Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging in Gauteng, het die Nasionale Tesourie versoek om direk met munisipaliteite te skakel voordat befondsing teruggehou word. Die vereniging waarsku die terughouding van fondse kan dienslewering verswak deur munisipaliteite se vermoë te beperk om basiese dienste te lewer en finansiële verpligtinge na te kom. Motatala Madiba van SALGA sê afdwingingsmaatreëls […]
# Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid neem kennis van oproepe vir nasionale betogings teen hom wat op sosiale media versprei word. SASSA sê dit word volgens berigte gelei deur ‘n TikTok-inhoudskepper, en sluit beplande optrede in die Wes-Kaap en ander dele van die land in. Andile Tshona van SASSA sê die agentskap respekteer die […]
# Suid-Afrika se eerste toegewese polisie-eenheid vir vermiste persone is in Kaapstad bekendgestel om reaksie oor vermiste persone te versterk. Die inisiatief is ‘n gesamentlike projek van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Nasionale Vervolgingsgesag, die Departement van Binnelandse Sake en die Faith and Hope Missing Persons-organisasie. Die stigter, Veranique Williams, sê die eenheid sal polisie-ondersoeke ondersteun […]
# Die polisie ondersoek die moord op vier mense in die Mkhuhlu-township naby Bosbokrand in Mpumalanga. Die slagoffers is gisteraand in die Calcutta-polisiegebied doodgeskiet. Die motief is nog onbekend. Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, Zeph Mkhwanazi, sê beamptes het vier moordsake geopen en ondersoek tans die omstandighede rondom die aanval. Hy versoek persone met enige inligting […]