# CapeNature gaan handel in Kaliforniese koningslange in die Wes-Kaap oor twee jaar uitfaseer. Die proses het reeds op 1 April vanjaar begin. Dit volg ná ʼn risiko-bepaling wat daarop dui dat die spesie moontlik ʼn indringer kan word. CapeNature se woordvoerder, Luke Folb, sê Kaliforniese koningslange word reeds sedert die 1980’s deur Suid-Afrikaanse slang-liefhebbers aangehou. […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Gesondheid en Welstand, Mireille Wenger, het die nasionale minister van Vervoer, Barbara Creecy, gevra om dringend in te gryp om moontlike knelpunte by Suid-Afrikaanse hawens te identifiseer en te verwyder. Die doel is om voorkeur te gee aan die verwerking en beweging van ingevoerde medisyne, veral by die Durban-hawe waar […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê City Power beplan om sy bedrywighede verder as elektrisiteitsverspreiding uit te brei, met planne om ‘n omvattende energiedienste-onderneming te word. Die nutsmaatskappy beplan om meer laai-infrastruktuur vir elektriese voertuie regoor die metro in te stel, en vennootskappe te ondersoek om elektriese mobiliteit meer toeganklik en bekostigbaar te […]
# CapeNature is phasing out trade in California kingsnakes in the Western Cape over a two-year transition period that began on the first of April this year. This is after a risk assessment classified the species as high risk for invasion. CapeNature spokesperson Luke Folb says California kingsnakes have been kept in South Africa’s reptile-keeping community […]
# Die Stad Tshwane sê hy het ʼn belangrike mylpaal bereik met die inwerkingstelling van Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg, en behandelde water bereik uiteindelik die aanleg se laaste watersuiwerigstenk. Die aanleg bly gesluit en munisipale watervoorsiening sal eers hervat wanneer die nodige behandeling, toetsing en veiligheidsvereistes nagekom is. Burgemeester Nasiphi Moya se woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê […]
# Die Minister van Landbou, Willie Aucamp, het die aanval op ‘n beesboer op sy plaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp in Noordwes skerp veroordeel. Die 50-jarige Donovan Marx veg in die hospitaal om sy lewe nadat hy Woensdagoggend wreed aangeval en gemartel is. Dit is die tweede plaasaanval in die provinsie vandeesmaand, en volg op […]
# Die Siyafana Sonke-burgerregte-beweging het die dringende tussentydse interdik verwelkom wat deur die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, teen die Maart-en-Maart-beweging in Durban verkry is. Dit is om ongemagtigde betogings, eiendomsbeskadiging en burgerlike onrus regoor die eThekwini-munisipaliteit te stop. Die Durbanse Hooggeregshof besluit vandag of die interdik finaal gemaak sal word. Siyafana Sonke sê […]
# ActionSA steun die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, se aanbeveling aan die kabinet om KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, aan te stel as hoof van die Valke. Stephan Gerber van ActionSA sê die aanbeveling volg op maande van ondersoeke, kommissies, parlementêre komitees en toenemende openbare druk oor misdadige interne elemente se beweerde infiltrasie […]
# Forum for South Africa het die aanbeveling van die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, verwelkom dat die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, as die nasionale hoof van die Valke aangestel word. Die eenheid is sedert Junie 2025 sonder ‘n permanente hoof, na die aftrede van Godfrey Lebeya,wat die eenheid jare lank gelei het. […]