# ActionSA se president, Herman Mashaba, het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, gevra om ‘n tegniese ondersteuningspan aan te stel om toesig te hou oor Nasionale Tesourie-fondse wat aan die Stad Johannesburg toegeken word.Mashaba se versoek volg terwyl Johannesburg worstel met ‘n likiditeitskrisis nadat Tesourie 3,6-miljard-rand teruggehou het weens kommer oor staatsbestuur. Hy vra […]
# Verskeie Johannesburgse voorstede is alreeds vier dae sonder water na Rand Water se beplande instandhouding aan sy grootmaatvoorsieningsnetwerk. Die instandhouding is verlede Vrydag uitgevoer, maar die nutsmaatskappy sê die watervoorsiening sal nie onmiddellik herstel word nie, aangesien die stelsel tyd nodig het om kapasiteit te herbou. Rand Water sê laagliggende gebiede sal eerste herstel, […]
# Die omstrede sakeman Vusimusi “Cat” Matlala en sy medebeskuldigdes het afsonderlik onskuldig gepleit in die Hooggeregshof in Johannesburg. Die aanklagte sluit elf van poging tot moord in en hou verband met beweerde aanvalle op die mediapersoonlikheid Tebogo Thobejane, die sakeman Joe Sibanyoni en die musiekvervaardiger DJ Vettys tussen 2022 en 2024. Regter Cassim Moosa […]
# Controverisal businessman Vusimusi “Cat” Matlala and his co-accused have individually pleaded note guilty in the High Court in Johannesburg. They face 25 charges, including eleven of attempted murder linked to alleged attacks on media personality Tebogo Thobejane, businessman Joe Sibanyoni and DJ Vettys between 2022 and 2024. Judge Cassim Moosa ruled the trial will […]
# Die polisie sê die staat het ‘n sterk saak teen die sakeman Vusimusi “Cat” Matlala en sy medebeskuldigdes in die Hooggeregshof in Johannesburg. Hulle staan tereg op elf aanklagte van poging tot moord in drie skietvoorvalle. Die mediapersoonlikheid Tebogo Thobejane, wat saam met haar 18-jarige vriendin ‘n sluipmoordpoging op die N1 naby Sandton oorleef […]
# AfriForum is gereed om Graaff-Reinet in die Oos-Kaap se hernoeming na Robert Sobukwe Town in die Hooggeregshof in Pretoria te betwis. Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur en die Suid-Afrikaanse Geografiese Naamraad sal die aansoek teenstaan. Alana Bailey van AfriForum sê die naamsverandering is ongrondwetlik en beskerm nie die dorp se geskiedkundige en […]
# AfriForum is ready to challenge the renaming of Graaff-Reinet in the Eastern Cape to Robert Sobukwe Town at the High Court in Pretoria. The Sport, Arts and Culture Department and the South African Geographical Names Board intend to oppose the application. AfriForum’s Alana Bailey argues the name change is unconstitutional and fails to protect […]
# Die president van die Alliansie vir Regsamptenare, Neelan Karikan, sê geregtelike ongeskiktheidsprosesse teen die Vrystaatse regter Lepona Lekale moes ondersoekend eerder as teenstrydig wees. Lekale is sedert 2018 van die regbank afwesig weens swak gesondheid. Karikan het aan die SABC gesê die tribunaal moet oorweeg of redelike werkplek-aanpassings, insluitend tegnologie, die regter in staat […]
# Getuie K se regspan vra die Johannesburgse Landdroshof om nie haar identiteit bekend te maak nie nadat sy agter geslote deure voor die Madlanga-kommissie getuig het. Die staat sê egter haar identiteit moet bevestig word en daar kan nie vasgestel word of sy dieselfde getuie is nie. Die inspekteur van die Johannesburgse Metropolisie se […]