# Die parlementslid van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, is deur die polisie van Kaapstad na KwaZulu-Natal vervoer, waar hy vanoggend in die hof sal verskyn. Dit is volgens die Kongres se tesourier-generaal en stafhoof, Ebrahim Burton, tydens ‘n gesprek met die media buite die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie. Adams het homself aan die polisie oorgegee nadat […]
#Solidariteit se Onderwysersnetwerk sê verskeie skole in Pretoria is sonder elektrisiteit gelaat weens wanbestuur deur die Gautengse Departement van Onderwys. Die netwerk voer aan skoolhoofde en beheerliggame word gedwing om noodmaatreëls te implementeer om skole aan die gang te hou, met duisende leerders wat geraak word. Johan Botha van die netwerk sê die kragonderbrekings ontwrig […]
# AfriForum verwelkom ‘n bevel deur die Hooggeregshof in Pretoria wat die Stad Tshwane opdrag gee om elektrisiteit te herstel aan skole wat afgesny is weens betwiste eiendomsbelastingbetalings. Die dringende saak is aangehoor nadat verskeie skole sonder krag gelaat is, wat onderrig, veiligheidstelsels en voedingskemas ontwrig het. Alana Bailey van AfriForum sê die uitspraak bring […]
# Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op die Stad Tshwane om ‘n interne forensiese eenheid op die been te bring, aangesien die huidige gebruik van privaatspeurders duur en ondoeltreffend is. Volgens die party bestee die stad ongeveer 300-duisend-rand per ondersoek, met ongeveer een-duisend sake wat steeds onopgelos is en wat tot 450-miljoen-rand kan kos. […]
# Die adjunkpresident Paul Mashatile sê die stigting van die Afrika-Unie was ‘n belangrike mylpaal in die bevordering van eenheid en ontwikkeling van die vasteland. In sy hoofrede tydens die Afrika-Wêrelderfenisdag-geleentheid en die 20ste herdenking van die Afrika-Wêrelderfenisfonds in Midrand, Gauteng, het Mashatile gesê die vasteland moet sy kulturele en natuurlike erfenis gebruik om langtermyn […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê hy monitor die weerstoestande noukeurig na die sluiting van skole in dele van die Eden- en Sentraal-Karoo-distrikte weens waarskuwings oor ernstige reënval. Skole sal na verwagting Vrydag heropen, hoewel dit sal afhang van verdere weerontwikkelinge later in die week. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, sê leerder- en onderwysersveiligheid bly […]
# Die Stad Kaapstad sê daar is teen onwettige straatrenne in Bellville-Suid opgetree, met sewe mense wat in hegtenis geneem is, insluitend twee motorbestuurders wat in ‘n onwettige wedren betrap is. Vyf ander motoriste is in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed. Beamptes het ‘n byeenkoms van ongeveer 500 mense opgebreek. Die burgemeesterskomiteelid vir […]
# Die Valsbaai TVET Kollege sê die konstruksie van sy nuwe Mitchells Plain-kampus vorder volgens skedule en sal na verwagting teen die einde van hierdie jaar voltooi wees. Die nuwe kampus sal tot drie-duisend studente huisves en kursusse in velde soos ingenieurswese, besigheid, inligtingstegnologie en ambagte aanbied. Kampusbestuurder Souchan Gasant-Jackson sê die ontwikkeling skep ook […]
# Die GOOD Party sê die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap het effektief tot stilstand gekom nadat sy brandstofvoorsieningskontrak aan die einde van verlede maand verstryk het. Lawrence Troon van die party sê die onderbreking het nood- en noodsaaklike diensvoertuie onbruikbaar gelaat, wat kommer wek oor die munisipaliteit se vermoë om op noodgevalle te reageer. […]