# The Western Cape government says its Thusong outreach programme delivered more than four-thousand-400 government services to two-thousand-349 residents during outreach events in George, Murraysburg and Stellenbosch in June and July. Local Government, Environmental Affairs and Development Planning MEC Anton Bredell says the programme brings services such as identity card applications, social grants, healthcare and […]
# Die Departement van Vervoer in die Oos-Kaap het die R58 tussen Lady Grey en Ekhephini gesluit nadat verskeie voertuie in swaar sneeu vasgeval het. Sneeu is ook aangemeld op die R56 tussen Matatiele en Mount Fletcher, wat reistoestande gevaarlik maak. Motoriste word na alternatiewe roetes herlei en gevra om reise uit te stel indien […]
# Die DA sê sy dringende hofaansoek teen die skorsing van Tshwane se stadsbestuurder, Johann Mettler, gaan oor die beskerming van die oppergesag van die reg en die voorkoming van politieke inmenging in die stad se administrasie. Die party voer aan die Hooggeregshof in Pretoria moet die raad se besluit tersyde stel, aangesien dit aanspreeklikheid […]
# ‘n Verslag deur die Universiteit Stellenbosch toon baie gestremdes in Afrika sukkel steeds om toegang te kry tot ondersteunende tegnologie soos rolstoele, gehoorapparate en skermlesers. Dit word toegeskryf aan hoë koste, beperkte dienste en swak ondersteuningstelsels, veral op die platteland. Woordvoerder Luigia Nicholas sê groter belegging is nodig om gestremdes te help om toegang […]
# Tiger Brands het meer as 200-miljoen-rand belê om sy geskiedkundige Paarl-fasiliteit in die Wes-Kaap te omskep in ‘n nuwe kulinêre mega-terrein wat plaaslike vervaardiging sal bevorder en die aanbod van sy ikoniese voedselhandelsmerke te verbeter. Die verbeterde perseel sluit nou ‘n asynproduksie-aanleg, interne produksie van Mrs Ball’s Blatjang en nuwe herwinbare verpakking vir sy […]
# Die Stad Kaapstad sê MyCiTi-busdienste is hervat by Killarney-stasie nadat ‘n brand vroeër vandeesweek omvattende skade veroorsaak het. Die oorsaak van die brand, wat ook ‘n 18-meter bus vernietig het, word steeds ondersoek. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê passasiers kan veilig by die stasie-ingang op Potsdamweg op en afklim, met personeel […]
# Die regering van die Wes-Kaap sê sy Thusong-uitreikprogram het meer as vier-duisend-400 regeringsdienste aan twee-duisend-349 inwoners gelewer tydens uitreikgeleenthede in Junie en Julie in George, Murraysburg en Stellenbosch. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die program bring dienste soos identiteitskaartaansoeke, maatskaplike toelaes, gesondheidsorg en werksondersteuning nader aan gemeenskappe, veral […]
# Die Verkiesingskommissie se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê die kommissie erken Orania in die Noord-Kaap nie as ‘n afsonderlike gebied vir verkiesings nie en sal Suid-Afrika se amptelike munisipale grense volg. Mamabolo het ook bevestig 2 en 3 November sal spesiale stemdae wees, met die hoof- plaaslike regeringsverkiesing op 4 November
# Die LUR van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, het mans versoek om groter verantwoordelikheid te aanvaar as positiewe rolmodelle, voorsieners en beskermers van hul gesinne en gemeenskappe. Buthelezi het tydens ‘n mansbyeenkoms kommer uitgespreek oor afwesige vaders, misdaad, dwelmmisbruik en geslagsgeweld. Hy het ouer mans aangespoor om leiding aan jong […]