# Police arrested nearly 16-thousand suspects during nationwide Operation Shanela actions over the past week. The arrests included 329 alleged drug dealers, while cocaine worth an estimated 28-million-rand was seized at OR Tambo International Airport in Gauteng after arriving on a flight from Brazil. Police spokesperson Amanda van Wyk says the operations are aimed at […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê hy is gereed om wetgewende veranderinge te steun wat die Stad Kaapstad se Metropolisie die mag sal gee om misdaad te ondersoek. Die party beskuldig die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, en diegene voor hom, dat hulle hierdie versoek vir ‘n hele jaar gekeer het. George Michalakis […]
# Die Stad Kaapstad het meer as 4,4-miljard-rand bewillig vir die volgende drie jaar om menslike nedersettings te verbeter en behuisingsgeleenthede uit te brei. Die befondsing sluit in die opgradering van informele nedersettings, dienste, raadswoonstelle en titelakteprogramme wat daarop gemik is om lewensomstandighede vir kwesbare inwoners te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, Carl Pophaim, […]
# Die polisie het die afgelope week byna 16-duisend verdagtes aangekeer tydens landwye Operasie Shanela-optredes. Dit het 329 vermeende dwelmhandelaars ingesluit, terwyl kokaïen van ‘n geraamde 28-miljoen-rand op die OR Tambo-lughawe in Gauteng afgeneem is nadat dit op ‘n vlug uit Brasilië aangekom het. Woordvoerder Amanda van Wyk sê die optrede is daarop gemik om […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die Suid-Afrikaanse span gelukgewens wat ‘n geskiedkundige vierde plek behaal het op die eerste Wêreld-spelkampioenskap in Sjanghai, China. Twee leerders het onder die wêreld se top-tien geëindig, terwyl al ses spanlede die kompetisie se voorlopige rondes suksesvol voltooi het. ‘n Leerder aan die Laerskool Klerksdorp in […]
# Die Johannesburgse metropolisie het 166 motoriste in hegtenis geneem vir dronkbestuur in operasies wat tussen 27 Julie en 2 Augustus uitgevoer is. Die arrestasies was tydens hoësigbaarheidspatrollies, padblokkades en roetine- wetstoepassingsoperasies. Xolani Fihla van die departement sê dronkbestuur bly een van die grootste oorsake van ernstige en noodlottige botsings. Hy vra motoriste om alternatiewe […]
# Kaapstad Toerisme sal ‘n reeks slypskole vir intelligente bestemmings aanbied om toerisme- en gasvryheidsondernemings te help om data wat reeds ingesamel word beter aan te wend. Die projek volg ná ‘n lede-betrokkenheidsessie wat beklemtoon baie ondernemings ontleed slegs ‘n geringe deel van hul inligting. Die uitvoerende hoof, Enver Duminy, sê die slypskole sal lede […]
# Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Lindi Masina, sê die amptelike oorhandiging van die Lucky Dube School of Performing Arts in Ermelo sal die onderwys- en kreatiewe sektor versterk. Die geleentheid val saam met die 62ste verjaardag van die ontslape reggae-ikoon. Masina het aan die SABC gesê die skool help om jong talent in […]
# TLU SA in Limpopo verwelkom die Landdroshof in Howick se uitspraak waarin vier mense skuldig bevind is aan onwettige jag ingevolge die KwaZulu-Natalse Ordonnansie op Natuurbewaring. Die organisasie se woordvoerder, Floris Booysen, sê die uitspraak bevestig owerhede kan optree voor wild onwettig gejag word om misdaad te voorkom. Hy sê onwettige jag hou dikwels […]