# Die DA in die Wes-Kaap sê die handels- en beleggingsagentskap, Wesgro, het meer as 25-miljard-rand in handel en beleggings- en uitvoerverklarings gedurende die 2025/2026-boekjaar gefasiliteer, ten spyte van voortdurende vertragings by Kaapstad hawe. Noko Masipa van die party sê die belegging sal na verwagting meer as vyfduisend-400 moontlike werksgeleenthede skep, met uitvoere wat uitbrei […]
# Die vakbondfederasie Cosatu in die Wes-Kaap het Premier Foods veroordeel nadat sy uitvoerende hoof, Kobus Gertenbach, ‘n salarispakket van 26-miljoen-rand ontvang het terwyl die maatskappy beplan om sy Tulbagh-vrugte-inmaakaanleg te sluit. Die federasie voer aan die beplande sluiting kan duisende werksgeleenthede bedreig en die plaaslike ekonomie verwoes, en beskuldig die maatskappy daarvan dat hy […]
# Rugby: Die spesiale Springbok-ondersteunerstrui vir Rugby’s Greatest Rivalry teen die All Blacks begin met ‘n stewige prys van 999-rand. Daar sal ook ‘n stadionweergawe wees wat tussen een-duisend-400-rand en een-duisend-500-rand sal kos. SA Rugby het aangekondig die truie sal van vandag af aan die publiek beskikbaar wees. Die unie het vroeër erken hulle sukkel […]
# Die vakbond Solidariteit sê die moontlike sluiting van Premier Foods se vrugte-inmaakfabriek in Tulbagh in die Wes-Kaap kan ‘n verwoestende uitwerking op die gemeenskap hê. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie het reeds begin met gesprekke oor die voorgestelde sluiting. Gideon du Plessis van die vakbond sê 424 regstreekse en duisende onregstreekse werksgeleenthede […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, en die Adjunkminister Mkhuleko Hlengwa verwelkom die Departement van Vervoer se tweede agtereenvolgende skoon oudit. Hulle sê die uitkoms vir die 2025/2026-boekjaar weerspieël die departement se voortgesette verbintenis tot goeie staatsbestuur, verantwoordbaarheid en gesonde finansiële bestuur. Woordvoerder, Collen Msibi, sê in die 2024/25-boekjaar het die departement vir die […]
# Die vakbond Solidariteit sê Media24 moet sy finansiële en strategiese planne volledig bekendmaak voordat hulle voortgaan met ‘n afleggingsproses wat tot 126 werknemers kan raak. Die vakbond hou die maatskappy se senior bestuur, eerder as die personeel, verantwoordelik vir sy operasionele uitdagings. Pieter Jordaan van Solidariteit sê dit is die vierde afleggingsproses by Media24 […]
# Die Wêreldbank sê kunsmatige intelligensie kan produktiwiteit en ekonomiese groei in ontwikkelende lande aansienlik verhoog as regerings in die regte grondbeginsels belê. Volgens die Wêreldontwikkelingsverslag vir 2026 kan KI produktiwiteit in meer as 16-persent van werksgeleenthede in ontwikkelende ekonomieë betekenisvol verbeter. Hoofekonoom, Indermit Gill, sê lande het nie gevorderde KI-modelle nodig om voordeel te […]
# Trade union Solidarity says Media24 must fully disclose its financial and strategic plans before proceeding with a retrenchment process that could affect up to 126 employees. The union blames the company’s senior management, rather than staff, for its operational challenges. Solidarity’s Pieter Jordaan says this is the fourth retrenchment process at Media24 in three […]
# Die direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie, Duncan Pieterse, sê beleggers toon sterk vertroue in die regering se infrastruktuur-befondsingsprogram. Hy het op ‘n Absa-konferensie gesê die jongste veiling van infrastruktuur-effekte het aanbiedings van 17,8-miljard-rand gelok teenoor die vyf-miljard-rand wat beskikbaar gestel is. Effekte van 4,4-miljard-rand is toegeken. Pieterse sê die geld sal gebruik word om […]