Skip to content

Rugby: Stewige pryse vir Bok-ondersteunertruie vir All Blacks-toer

# Rugby: Die spesiale Springbok-ondersteunerstrui vir Rugby’s Greatest Rivalry teen die All Blacks begin met ‘n stewige prys van 999-rand. Daar sal ook ‘n stadionweergawe wees wat tussen een-duisend-400-rand en een-duisend-500-rand sal kos. SA Rugby het aangekondig die truie sal van vandag af aan die publiek beskikbaar wees. Die unie het vroeër erken hulle sukkel om kaartjies vir die All Blacks se wedstryde teen die vier Suid-Afrikaanse Verenigde Rugbykampioenskap-spanne te verkoop, waarskynlik weens hoë pryse.