# CapeNature verwelkom die vonnisoplegging van ‘n Kaapstadse egpaar wat skuldig bevind is aan verskeie wildlewe-oortredings wat die onwettige aanhouding, besit en vervoer van reptiele insluit. Zirkie Bernardus Jansen en Valerie Gayle Simpson-Jansen is elk ‘n boete van 40-duisend-rand opgelê of tot 18 maande gevangenisstraf gevonnis nadat hulle op sewe aanklagte skuldig bevind is. Die oortredings het betrekking gehad op 95 reptiele, waaronder boomgeitjies en koningsluislange, wat sonder die vereiste permitte aangehou en vervoer is. Petro van Rhyn van CapeNature sê die vonnis stuur ‘n sterk boodskap dat wildlewe-misdaad nie geduld sal word nie.
CapeNature verwelkom vonnisoplegging oor onwettige reptielhandel