Skip to content

Canal+ se oorname van MultiChoice kry die groenlig van die Medingingstribunaal

# Die Mededingingstribunaal het Canal-Plus (Kanaal Ploes) se verkryging van MultiChoice goedgekeur, wat die laaste regulatoriese struikelblok oorkom. Die ooreenkoms sluit sleutelverbintenisse in soos die bevordering van plaaslike eienaarskap, die ondersteuning van klein, medium en mikro-ondernemings in die oudiovisuele sektor, en die befondsing van plaaslike inhoud. Canal-Plus sal die oorblywende aandele teen 125-rand elk koop. Canal-Plus se uitvoerende hoof, Maxime Saada, en MultiChoice se uitvoerende hoof, Calvo Mawela, het die besluit verwelkom as ‘n belangrike stap in die hervorming en uitbreiding van Afrika se medialandskap.