Skip to content

Business Leadership SA sê Suid-Afrika bly sterk ondanks wêreldskokke

# Business Leadership Suid-Afrika sê die land bevind hom tans in ‘n relatief sterk posisie te midde van geopolitieke spanning, danksy agt jaar van fiskale dissipline en strukturele hervormings. Twee groot graderingsagentskappe, Standard and Poor’s en Moody’s, het die land se vooruitsig na positief aangepas. Die Reserwebank het intussen rentekoerse met 25 basispunte verhoog weens stygende wêreldinflasie. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê Suid-Afrika moet nou sy olievoorsiening internasionaal verseker en doelgerig werk om gunstige handelsooreenkomste te beklink.