Skip to content

BLSA moedig Tesourie aan om aan te sluit by gekoördineerde optrede teen handelskrisis

# Business Leadership South Africa vra dat die Nasionale Tesourie ingesluit moet word in gekoördineerde optrede teen die groeiende handelskrisis. Uitvoerende hoof Busisiwe Mavuso sê in haar weeklikse nuusbrief dringende optrede word benodig om sake-ondernemings te steun wat getref is deur die Amerikaanse handelstariewe van 30-persent – veral in die Oos- en die Wes-Kaap se vervaardiging- en landbousektor. Mavuso verwelkom die uitvoer-ondersteuningskantoor, maar sê ‘n handelskrisiskomitee word benodig om verdere werksverliese te keer en nywerhede bestendig te maak.