# Die Kaapstadse burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die minister van Vervoer Barbara Creecy aangemoedig om die privaat sektorvennootskap vir die stad se hawe in die komende Versoek om Inligting-proses wat hierdie maand vrygestel word, te prioritiseer. Navorsing dui aan dat verbeterings kan lei tot 20-duisend nuwe poste en uitvoere met ses-miljard-rand kan opstoot. Hy sê onbekwaamhede het gelei tot ‘n 20-persent vermindering in die uitvoer van varsprodukte en besighede ly daaronder. Hill-Lewis waarsku dat vertragings uitvoerders sal dwing om goedere teen hoë koste te herlei:
Burgemeester vra dat minister Creecy voorkeur gee aan Kaapstadse privaat sektorplanne [KLANK]
ENG GeordinOnPort